Leef In Oorwinning

Internet Uitreikblad

"Maar God sy dank wat ons altyd laat triomfeer in Christus en wat die reuk van sy kennis deur ons oral versprei." 2 Kor 2:14
Die belangrikheid van 'n Aäron en Hur bediening
Geen bediening kan effektief funksioneer sonder 'n Aäron en Hur ondersteuningsbediening nie!
Aäron en Hur het die uitslag van die oorlog bepaal

In Exodus hoofstuk 17 lees ons die baie bekende verhaal van Josua en Israel se oorlog teen die Amalekiete. Hierdie verhaal van Moses met sy hande omhoog op die berg terwyl Josua en die Israeliete onder in die laagte teen Amalek veg, is ‘n sprekende voorbeeld van die geestelike oorlog waarin ons betrokke is. Elke kind van God en elke Evangeliese bediening in die besonder, is in ‘n geestelike oorlog betrokke.

Dit is van absolute belang dat ons sal verstaan dat ons geestelike oorlog op die berg gewen of verloor word — nie op die slagveld van die wêreld nie! Die berg is simbolies van die plek van gebed. Moses wat sy arms omhoog hou is simbolies van gebed. Solank Moses se arms omhoog was, het Israel gewen en wanneer hy sy arms laat sak het, het Amalek gewen. Amalek is natuurlik ‘n beeld van ons vyand, Satan en sy bose magte.

Maar Moses se arms het moeg geword. Daarom het Aäron en Hur sy arms omhoog gehou en vir hom ‘n klip gekry om op te sit. Hierdie is absoluut sprekend van elke  Christelike bediening en aksie se behoefte aan gebedsondersteuning!

Ons wat op die voorpunt van die geestelike oorlog staan kan die oorlog slegs wen met die hulp van ons gebedsonderseuners! Die oorlog waarin ons onsself bevind, kan nie gewen word op ‘n wêreldse vlak, deur vernuf en menslike inspanning en -bronne nie. Ef 6:12 herinner ons voortdurend daaraan dat ons worstelstryd nie teen vlees en bloed is nie, maar teen die demoniese geesteswêreld. Terwyl Ef 6:13-17 aan ons die geestelike wapenrusting verduidelik, beklemtoon vers 18 dat hierdie oorlog in gebed gewen word!

Roep die Here jou vir 'n Aäron en Hur bediening?

Liewe jy wat hier lees -- ons het 'n dringende behoefte aan gebedsondersteuning! Ons kan nie hierdie stryd alleen wen nie — ons het Aärons en Hurs nodig! Hiermee versoek ons jou wat hier lees om jouself beskikbaar te stel vir ‘n Aäron en Hur bediening. Ons vertrou die Here vir meer Aärons en Hurs. Sal jy een van hulle wees? Hiermee doen ons 'n beroep op jou om jou beskikbaar te stel vir die Missie Oorwin ondersteuningsbediening.

Lees hier meer oor die Missie Oorwin bediening.

Lees hier 'Hoe Om God Se Roeping Vir Jou Lewe Te Vind'

Elke kind van die Here word geroep tot 'n Aäron en Hur ondersteuningsbediening. As jy nie in 'n Aäron en Hur bediening vir een of ander aksie of bediening staan nie, is jy nog buite die Here se volledige wil en plan vir jou lewe!

Lees hier: Roep God Elke Christen?

Missie Oorwin
Die Here roep elkeen van Sy kinders om 'n Aäron en Hur te wees en die stryd vir die Evangelie van Jesus Christus in die wereld te help wen. Word deel van Jesus Christus se oorwinningstog deur die wereld! Lees hier meer oor Missie Oorwin.
Leef In Oorwinning