Leef In Oorwinning

Internet Uitreikblad

"Maar God sy dank wat ons altyd laat triomfeer in Christus en wat die reuk van sy kennis deur ons oral versprei." 2 Kor 2:14
Begin jou eie Missie Oorwin internet en digitale uitreikbediening!
Nou kan jy en jou gemeente julle eie vrugbare plaaslike- sowel as wêreldsending internet uitreikbediening hê! Jou selfoon, tablet of rekenaar word jou uitreikinstrument.
Lees hier hoe om die Leef In Oorwinning Uitreikblad te gebruik om jou omgewing en die wêreld met die Evangelie te help bereik deur die digitale media!
Hoe om 'n Missie Oorwin internet uitreikbediening op Facebook te bedryf:
1. Skep 'n Uitreikbladsy op jou Facebookblad

Om 'n Facebook Uitreikbediening te begin moet jy 'n 'fan' of 'business' bladsy hê. Ons gaan hieronder vir jou wys hoe om 'n pos te 'boost'. Jy kan 'n pos egter slegs 'boost' vanaf 'n 'business' of 'fan' bladsy. Ons stel voor jy skep vir jouself 'n 'Uitreikbladsy' as jy nie reeds 'n 'fan page' het nie. Skep jou bladsy in Engels as jy in Engels ook wil uitreik. As jy hoofsaaklik na 'n Afrikaanse gemeenskap wil uitreik, skep jou bladsy in Afrikaans. Jy kan ook twee aparte uitreikbladsye skep.

Klik op die "Create" skakel heel bo aan jou persoonlike Facebookblad. Klik dan op "Page" en volg Facebook se instruksies om die blad te skep. Gee jou blad 'n gepaste naam. Let wel, dit sal 'n oorspronklike naam moet wees voor Facebook dit sal aanvaar. Onthou dat die naam van jou bladsy gaan bo-aan jou uitreikflitse verskyn. Waar Facebook vra wat die blad se webadres is, kies die 'geen webblad' opsie, behalwe as jy 'n webblad van jou eie het.

2. Deel 'n artikel op jou Facebook Uitreikbladsy
1.1. Maak die Leef In Oorwinning Uitreikwebblad oop in die webblaaier op jou digitale instrument en laai die artikel wat jy wil deel.
1.2. Kies jou artikel versigtig.

Wanneer jy 'n uitreikveldtog wil loods moet jy die artikel wat jy gebruik versigtig kies met oorweging van jou teikenveld. Maak byvoorbeeld seker dat jy nie 'n Afrikaanse artikel of boodskap gebruik vir 'n oorwegend Engelse gehoor nie. Om 'n groter gehoor te bereik is dit voordelig dat jy eerder 'n kort aandag-stimulerende artikel, of 'n artikel met 'n gefokusde onderwerp gebruik wat dan skakel na 'n gedetaileerde evangelisasie aanbieding vir diegene wat meer wil lees.

Op die Projek KuberWêreld Uitreikblad het ons die artikels verdeel in Kort Uitreik Boodskappe, Lees-meer Uitreik Boodskappe en Lees-dieper Uitreik Boodskappe. Dit is wenslik dat jy eers self 'n artikel sal lees voor jy dit deel of gebruik in 'n uitreikveldtog.

1.3. Deel die artikel se skakelflits na jou Facebook Uitreikbladsy

Ons wil hieronder aan jou verduidelik hoe om 'n betaalde Facebook uitreikveldtog te loods. Met 'n klein begroting vanaf ongeveer R150 per maand, kan jy honderde en selfs duisende mense bereik wat nie jou vriende is nie. Volg die stappe hieronder.

1. Klik op die Facebook knoppie op die deelknoppies in die artikel om die skakelflits te deel na jou Facebook Uitreikbladsy toe.

2. Die "Share on Facebook" venster sal nou oopmaak. Maak nou die venstertjie "Share to News Feed or story" links-bo oop en kies die bestemming van jou pos -- jou hoofblad, 'n groep, of ander bladsy wat jy bestuur - in hierdie geval jou Uitreikbladsy.

3. Jy kan ook 'n boodskappie van jou eie onder jou naam byvoeg as jy wil. Verkieslik moet dit slegs 'n kort en weldeurdagte sinnetjie wees wat jou gehoor aanspoor om op die skakel te klik en die artikel te lees. As jy nie 'n spesifieke boodskappie het nie, laat dit oop. Jy moet jou teikengehoor in ag neem as jy iets hier wil byvoeg.

3. Klik nou op die blou "Post to Facebook" balkie heel onder om die skakelflits op jou uitreikbladsy te pos.

Met betaalde advertensies kan mens 'n baie groter gehoor bereik met die Evangelie. Dit is egter moontlik om met 'n klein begroting baie te bereik vir die Koninkryk van God!

3. "Boost" jou skakelflits

Klik nou op die "Boost" knoppie regs onder aan die skakelflits of pos. Die 'Boost Post' venster sal nou oopmaak. Daar is sewe afdelings wat jy moet voltooi:

3.1 Objective: Kies, "Send people to your website".

3.2 Post Button: Kies, "Learn More".

3.3 Audience: Hierdie is die belangrikste afdeling van jou veldtog. Nou moet jy besluit waar is jou teikenveld. Wie wil jy bereik? Watter areas of lande wil jy bereik?

a) Kies, 'People you choose through targeting'. Klik op 'Edit' of 'Create new audience', Die 'Create audience' venster sal oopmaak.
b) Kies nou 'n naam vir jou 'audience', byvoorbeeld, Pretoria, Suid-Afrika, Afrikaans, Afrika, Midde-Ooste, of Onbereik.
c) 'Gender': kies 'All', tensy jy spesifiek vroue of mans wil teiken.
d) 'Age': kies '18-65+', tensy jy 'n spesifieke ouderdomsgroep wil teiken.
e) 'Locations': Kies nou die omgewing, stad, lande of areas wat jy wil bereik. Jy kan tot 25 lande op een 'audience' plaas. Onthou net, jy gaan in Afrikaans en Engels uitreik. Dus moenie lande insluit by 'n Afrikaanse 'audience' wat nie Afrikaans kan verstaan nie. (Neem kennis van die 'Nota!' heelbo aan die bladsy wat hierdie projek tot Afrikaans beperk, tot verdere kennisgewing.)
f) 'Detailed targeting': Onder 'Include people who match', kies 'Afrikaans' as jy na Afrikaners wil uitreik. Kies 'English' as jy na andere wil uitreik. Daar is ook vele ander opsies onder hierdie afdeling wat jy kan kies, maar ons stel voor dat jy jou gehoor so wyd as moontlik definiëer en slegs hou by taal en plek.

3.4 Automatic Placements: Skakel aan.

3.5 Duration and budget: Hier moet jy besluit hoeveel jy bereid is om te spandeer op jou uitreikveldtog. Facebook sê vir jou hoeveel persone jy per dag kan bereik met jou begroting. As jy byvoorbeeld bereid is om $10 (ongeveer R150) te spandeer oor 5 dae, beteken dit dat jy $2 spandeer per dag. Onder 'Estimated people reached' kan jy sien hoeveel mense jy by beraming kan bereik per dag. Natuurlik, hoe meer jy spandeer, hoe meer mense bereik jy. Maak hierdie saak met die Here uit en besluit hoeveel jy per maand kan investeer in jou internet uitreikbediening.

3.6 Tracking conversions: Hou Facebook pixel afgeskakel.

3.7 Payment: Hier moet jy jou kaartbesonderhede verskaf sodat Facebook jou kan debiteer na afloop van jou veldtog of teen die einde van die maand.

4. Volg en rapporteer die resultate

Wanneer jy op die 'Ad Centre' knoppie op jou Uitreikbladsy klik, sal jy die resultate van jou uitreikveldtog sien. Facebook toon dit ook onderaan die pos wat jy 'geboost' het. Jy kan ook die resultate op Ad Manager sien.

Ons versoek nou dat jy op die laaste dag van die maand of die eerste dag van die volgende maand jou resultate aan ons sal epos dat ons daaroor kan verslag doen in die maandelikse nuusbrief. Maak seker dat die tydsperiode van jou statistieke slegs die een betrokke maand se syfers insluit. Jy kan die periode van jou resultate spesifiseer in die venstertjie regs bo in Ad Centre.

Stuur jou resultate na admin@sepprograms.com. Indien jy enige vrae het, kan jy met ons kommunikeer by hierdie eposadres.

5. Word 'n finansiele vennoot

Om hierdie digitale uitreikaksie moontlik te maak moet ons die uitreik webblaaie skep, instand hou, en diensverskaffers betaal wat 'n oorhoofse koste meebring. Ons reik self ook digitaal uit na die Onbereikte Wêreld met die begroting tot ons beskikking. Ons kan hierdie bediening slegs uitvoer met die finansiële ondersteuning van die kinders van die Here. Ons versoek dus dat jy en jou gemeente dit biddend sal oorweeg om ook finansieel betrokke te word by hierdie bediening. Vir meer besonderhede besoek die Missie Oorwin bladsy.

Plaas jou naam op ons kontaklys
As jou naam nog nie op ons kontaklys is nie, voltooi en stuur asseblief die vorm hieronder om ons maandelikse nuusbrief te ontvang en op hoogte te bly van nuwe artikels wat gepubliseer word.
Leef In Oorwinning