Leef In Oorwinning

Internet Uitreikblad

"Maar God sy dank wat ons altyd laat triomfeer in Christus en wat die reuk van sy kennis deur ons oral versprei." 2 Kor 2:14
Omtrent Ons

Leef In Oorwinning is 'n bediening van Scripture Educational Programs, onder leiding van Elmer Grobler

Leef In Oorwinning is ’n internet dissipelskapbediening wat ten doel het om die Liggaam van Jesus Christus te help groei tot 'n lewe van oorwinning. Leef In Oorwinning se doelwit is om die Kerk van Jesus Christus oor denominasionele grense te help toerus vir die uitvoering van Jesus se Groot Sendingopdrag, sodat ons effektief sal wees in ons getuienis in die wêreld. Aan die hart van ons opdrag lê Matteus 28:18-20: “Gaan dan heen, maak dissipels van al die nasies...”

Leef In Oorwinning is ’n interkerklike webblad en is nie verbonde aan enige bepaalde denominasie nie. Leef In Oorwinning bevorder dus ook nie enige bepaalde denominasie of beweging se teologie nie. Die webblad wil graag ondersteunend saamwerk met alle evangeliese kerke en denominasies wat op die Bybel as die onfeilbate Woord van God staan. Leef In Oorwinning glo in die eenheid van alle ware weergebore Christene - en beywer homself vir eensgesindheid onder kinders van die Here oor denominasionele grense heen.

Hierdie bediening is: Bybelgefundeer - Evangelies - Interdenominasioneel - Nie-sektaries.

Die Skrywer
Elmer Grobler

Scripture Educational Programs is ’n geloofsaksie wat ten volle afhanklik is van vrywillige bydraes. As jy seën ontvang het uit enige van die artikels op Leef In Oorwinning, wil ons jou graag aanmoedig om 'n vrywillige bydrae te maak deur 'n direkte inbetaling in Scripture Educational Programs se bankrekening. Jou bydrae maak nie alleen hierdie webblad moontlik nie, maar help ons om die Evangelieboodskap deur die internet aan die onbereikte wêreld te bring!

Kontakbesonderhede:
Posadres: Posbus 31014, Totiusdal. Pretoria. 0134
Eposadres: admin@sepprograms.com

Bankbesonderhede:
Scripture Educational Programs, FNB Tjekrek No 62324491141
FNB Universele Takkode: 250655

Missie Oorwin
Die Here roep elkeen van Sy kinders om 'n Aäron en Hur te wees en die stryd vir die Evangelie van Jesus Christus in die wereld te help wen. Word deel van Jesus Christus se oorwinningstog deur die wereld! Lees hier meer oor Missie Oorwin.
Leef In Oorwinning