Leef In Oorwinning

Wanneer Dit Met Jou Gebeur

deur
Elmer Grobler

Gaan jy deur die een beproewing en krisis na die ander? Gebeur dinge met jou wat jy nie verstaan nie? Ontwyk jou drome jou voortdurend? Wil dinge maar net nie regkom nie? Volgende keer sal dit beter gaan, dink jy — maar volgende keer kom en gaan sonder enige verandering. Volgende jaar gaan dinge verander, dink jy — maar volgende jaar kom en gaan sonder enige verandering. Wanneer dit of dat gebeur, sal dinge verander, dink jy — maar steeds verander niks nie.

 Jy moet net volhard en nie moed opgee nie — sê mense vir jou. Jou deurbraak kom — hoor jy hulle sê. Spreek lewe oor jou omstandighede — sê andere. Jy ken reeds al die kitsoplossings wat mense voorstel, maar niks verander nie. Wat is daar wat jy nog moet verstaan?

  •  Die Here is besig met jou -- omdat iemand waarskynlik vir jou bid!
  • Die Here is besig om jou voor te berei vir ‘n spesiale taak en roeping.
  • Hierdie spesiale taak en roeping is iets heel anders en baie hoër and heerliker as wat jy dink — dit is nie iets op jou huidige agenda of droomlys nie!
  • Maar die Here sal dit nie aan jou openbaar voor jy nie daar is waar Hy jou wil hê nie.
  • Waar wil Hy jou hê? Hy wil jou ten volle tot Sy beskikking hê!
  • Hoe kom ‘n mens tot God se beskikking? Daar is drie Bybelse waarhede wat jy moet verstaan.

 1. Jy moet uit Hom gebore wees.

Jy moet ‘n getuienis van wedergeboorte hê. Jesus sê in Joh 3:3: "Dít verseker Ek jou: As iemand nie opnuut gebore word nie, kan hy die koninkryk van God nie sien nie.” Duisende mense wat hulleself Christene noem, dink hulle is weergebore maar bou op valse fondamente! Die feit dat jy in Jesus Christus as die Redder van die wêreld glo, is geen waarborg dat jy weergebore is nie! Is jy absoluut seker dat jy weergebore is? Hoe weet ‘n mens dat jy weergebore is? As jy nie waarlik weergebore is nie, sal jy nie die tweede Bybelse waarheid verstaan nie. Lees hier meer oor wedergeboorte.

 2. Jy moet algeheel aan Hom oorgegee wees.

‘n Mens kom tot God se beskikking deur jouself as Sy kind, ten volle aan Sy wil, wet, doel en plan vir jou lewe oor te gee. Daar staan in Rom 12:1: "En nou doen ek 'n beroep op julle, broers, op grond van die groot ontferming van God: Gee julleself aan God as lewende en heilige offers wat vir Hom aanneemlik is. Dit is die wesenlike van die godsdiens wat julle moet beoefen." Die Here sal nie die taak en roeping waarvoor Hy jou voorberei aan jou openbaar totdat jy beskikbaar is om Hom daarin te volg nie!

 Intussen kan jy verwag dat die beproewinge, krisisse, mislukkings en onverstaanbare dinge wat in jou lewe gebeur, sal voortduur totdat die prys om jou te verset teen die Here se roeping en taak vir jou lewe, hoër is as om jou ten volle aan Sy wil en plan vir jou lewe oor te gee!

 Die oomblik dat jy ‘n algehele en onvoorwaardelike oorgawe aan Jesus Christus maak, sal die lig van God in jou lewe deurbreek soos die môreson, en sal jy jouself verwyt dat jy so blind was om nie lankal by hierdie punt uit te kom nie! Lees hier meer hoe om jou ware doel en roeping in die lewe te vind.

3. Jy moet die Here onwrikbaar met jou lewe vertrou in beproewing

Die Here se doel met jou lewe is dikwels veel hoër as wat jy verstaan! Die verhaal van Job in die Bybel is 'n sprekende voorbeeld hiervan. As dit nie vir die verhaal van Job was nie, sou ons mank gegaan het aan begrip vir baie omstandighede in ons lewens. Die Here gebruik dikwels beproewing en lyding om jou voor te berei vir 'n bepaalde of nuwe roeping-- Hy wil jou gebruik vir 'n spesiale taak. Hierdie is God se gevorderde skool en jy kan Hom vertrou om jou oorwinnend hierdeur te lei. Ek haal hieronder 'n uitreksel aan uit 'n boek wat ek besig is om te skryf:

Through the ages saints who are mightily used by God have gone through stages of intense suffering and we are no exception! Every person acquainted with the diary of Mrs Chas Cowman titled “Streams in the Desert”, can witness to the depth of this woman’s relationship with God and the manifold blessings received from reading this book! This book was born out of intense suffering experienced by her husband who, at the peak of a successful ministry in missions, had to spend six years confined to a sick-bed. For a long time they trusted God for his healing, but it pleased God not to heal him. After much and intense suffering, Jesus came and took him away. I further quote from 'Springs In The Valley’ by Mrs Cowman:

“So a book was compiled, and the first edition of “Streams in the Desert” was sent on its errand of love. There came a call for a second edition and letters were received, not only from America and England, but from Japan, Korea, China, India, Africa, The Congo, Egypt, Australia, Alaska, Siam, and from the islands of the sea, from missionaries and Christian workers, asking for copies of the book. Another edition was published, but soon exhausted; then followed the fourth, fifth, sixth and seventh. The eighth edition was entirely exhausted within three months, and the ninth edition - five times the number of the eighth - was likewise soon sent out. The nineteenth edition is now on sale. (This was in 1939! - EDG.) My desk is often piled with letters, many of them from leading ministers and workers of the world, telling of the blessing that has come to them through reading “Streams in the Desert.” I have learned this little secret:”

“Measure thy life by loss not gain; Not by wine drunk, but by wine poured forth; For love’s strength standeth in love’s sacrifice, And he who suffers most has most to give.”

The proceeds of all of Mrs Cowman’s books have been used in furthering world mission. The first edition of “Streams” was published in 1925. For decades and decades the income from Mrs Cowman’s books was flowing to the mission fields of the world.

Not only have thousands of people been blessed through her books; but thousands more have had the opportunity of hearing the Gospel for the first time!

Do you now understand something of the greater plan that God had in mind through the sick-bed of Charles Cowman?

So, the moral of the story is:

Don't waste your sorrows! Work with God to make you an instrument of glory!
Die Skrywer
Deel asseblief hierdie artikel met jou vriende op jou sosiale media
Het Jy Geweet?
Vyf Broodjies En Twee Vissies

Het jy geweet dat jy 'n stuurder van die Evangelie na die onbereikte wêreld kan wees deur 'n 'digitale sendeling' uit te stuur vir so min as 'vyf garsbroodjies en twee vissies'? As jy seën ontvang het deur 'n artikel op hierdie webblad, doen ons 'n beroep op jou om deel te word van Scripture Educational Programs (waarvan hierdie webblad 'n projek is) se digitale 'stuur'-projek na die uiteindes van die wêreld. Volg die skakel vir meer inligting.

Artikels

Het jy seën ontvang deur 'n artikel op hierdie webblad? Dan doen ons 'n beroep op jou om deel te word van die Missie Oorwin span.

Missie Oorwin
Die Here roep elkeen van Sy kinders om 'n Aäron en Hur te wees in die stryd vir die Evangelie. Die Missie Oorwin span hou ons arms omhoog soos Aäron en Hur Moses se arms omhoog gehou het op die berg terwyl Josua en die Israeliete teen die Amalekiete geveg het in Exodus 17. Word deel van die Evangelie van Jesus Christus se oorwinningstog deur die wereld! Lees hier meer oor Missie Oorwin.
Leef In Oorwinning